Plaaslike verkiesing · LIM366

4 November 2026.
Die stemme, stasie vir stasie.

Hier is BBA se volle uitslag vir Bela-Bela: hoe die dorp gestem het, waar ons sterk was, en wat elke stemstasie gewys het. Hierdie syfers is vir inwoners — nie ’n veldtog-aftelling nie.

Hoe om hierdie syfers te lees

Wyk-stembrief

Op brief 1 stem jy vir ’n persoon in jou wyk. Die syfers hieronder is dié wyk-stembrief — dit wys waar BBA se kandidate ondersteun is, stasie vir stasie.

PR-stembrief

Op brief 2 stem jy vir die party. BBA het ook ~11,3% op die PR-brief gekry (2 048 stemme). Saam met die wyk-stemme het dit BBA se tweede sitplek gegee.

Hung raad

Geen party het 9 van 17 sitplekke alleen gehaal nie. BBA sit met 2 sitplekke in die raad — elke stem en elke raadslid tel.

Raadsitplekke

BBA: 1 wyk-sitplek (Wyk 1 — Jeedee Cloete) + 1 PR-sitplek = 2.

BBA per wyk

Klik ’n wyk om die stemstasies te sien. Rooi balk = BBA se aandeel op die wyk-stembrief.

Wyk BBA stemme BBA % Uitslag Opkoms Nota

Wyk 1

Stemstasie BBA stemme BBA % Stasie-wenner

Stasies waar BBA gewen het

Vyf stasies — drie in wyk 1, twee in wyk 6. Dit is die hart van BBA se deurbraak.

Wyk Stemstasie VD BBA stemme BBA %

Top 12 stasies vir BBA

Gerangskik volgens meeste BBA wyk-stemme. NG Kerk Warmbad was die grootste enkelstasie.

# Wyk Stemstasie VD BBA Wenner

Die storie in die syfers

Wyk 1 was die deurbraak: 40,5%, Jeedee Cloete verkies, en drie van vier stasies gewen — Peet Se Padstal, Spa Park en Warmbad Laerskool.

Wyk 6 — Jandia Roets was vir BBA ’n naelskraap-wedloop. Met 29,5% (621 stemme) was sy deurgaans kompeterend teen die DA se 36,6% — ’n gaping van net 149 stemme. Stasie vir stasie wys die werk wat sy gedoen het:

Negester Estate is hoofsaaklik DA-kiesers. Hulle ontvang geen dienste vanaf die munisipaliteit nie — en daarom verstaan baie nie die uitdagings wat Bela-Bela en Wyk 6 in die oë staar nie. Dit was die blok wat die wyk oorgedraai het. Vir BBA — en vir Jandia — was dit ’n baie hartseer verlies: sy het die dorp en die plaaslike stasies gewen, maar Negester het die uitslag beslis.

Die res van die dorp het kleiner BBA-aandele, maar elke stem het getel vir die PR-sitplek. Die hung raad beteken BBA se 2 sitplekke is deurslaggewend vir hoe Bela-Bela die volgende vyf jaar bestuur word.

Afsluiting. Alhoewel daar baie meer kiesers uitgekom het as in die 2021-verkiesing, moet inwoners besef: ’n verskil is moontlik — en BBA het dit bewys. As inwoners in nog groter getalle uitkom en stem by opkomende verkiesings, sal dit ’n wesenlike verskil maak vir Bela-Bela.

Terug na die impak-verhaal Word lid