Bela Bela Alliansie
’n Aand om nie mis te loop nie!
’n Belangrike nuwe hoofstuk vir Bela-Bela
Maandag 14 September 2026 · 18:00
Venue sal bevestig word met bespreking
Slegs per bespreking
Ons spesiale gaste is die stigters van die Mafube First-beweging — Johnny “Oupa” Mokoena, Hans Pretorius en Jannie Schabbort. In die Mafube-munisipaliteit in die Vrystaat het hulle inwoners, sakelui en boere saamgebring om dienslewering self reg te trek waar plaaslike regering gefaal het. Hul storie pas by BBA: ons dorp eerste, samewerking oor grense heen, en meer aksie as party-politiek.
Verversings sal voorsien word.
Bespreek vroeër — moenie uitmis nie. Kontak ons gerus op 060 880 8116.
Meer inligting sal binnekort volg.
Meer aksie. Minder politiek. Ons dorp eerste.